Go BULLS!!!! Julle is awesome en wat 'n nice wedstryd!! Dit is wonderlik om sulke groot manne op hulle knee te sien en al die eer aan die Here te gee!
Op daai noot, ek het vanoggend 'n wonderlike oggend by ons vroueoggend by die kerk gehad en mosiac kruise gemaak. Wat 'n wonderlike ervaring om iets anders te doen as doeke omruil en bottels maak. Ek voel soos 'n nuwe mens
Montine het haar eerste oopmond glimlag vir my gegee vandag en dit was so spesiaal. Dit maak al die huil en moedeloosheid die moeite werd. Al is hulle 'n tweeling is dit ongelooflik om te dink jy het twee babatjies so lief en dat elkeen op haar manier spesiaal is. Dit is net die Here se genade dat hulle hier is en ek geniet dit so. Hulle is volgende week 3 maande oud en ek is eerlik as ek se ek begin dit nou eers geniet. My emosies is nie meer so hoog nie, ek huil nie meer so vinnig nie en voel nie meer so benoud oor als nie.
Leke aand verder
Liefde
No comments:
Post a Comment