Friday, May 29, 2009

Hier is ons

Ons is hier en wil graag ons huishouding met vriende deel. Wel dit is maar 'n gesukkel en 'n geskarrel om by alles uit te kom, maar stadig maar seker kom ons daar uit!!

Die tweeling is 11 weke oud en dit is wonderlik om hulle in ons lewe te he. Ons het so lank vir hulle gewag en is baie geseend om 'n identiese tweeling te he. Hulle was verlede week in die hopsitaal met Brongiolitus en is positief getoets vir die RSVirus maar doen baie goed en lyk sommer weer gesond en op en wakker.

My nagte begin al beter te raak, die kleintjies word net so 2 keer wakker vandat ons gaan slaap het maar het ook maar ons oomblike wat hulle maar moeilik is en ek nie leke weet wat fout is en hoekom hulle so huil nie.

Manlief het gaan jag die naweek en ek het n vroue oggend by die kerk more en sien baie uit daarna. Ouma kyk na die kleintjies so dit gaan leke wees om rustig saam met die vrouens te gaan kuier.

Leke aand vir almal
Liefde

No comments:

Post a Comment