Soms gooi die lewe soveel besluite na jou kant toe en mens weet nooit of dit die regte besluit gaan wees nie.
Ek worstel baie met die werklikheid van terug werktoe gaan en die kleintjies by iemand te los, voel of ek nie 'n goeie ma vir hulle is nie en ek is so bang iets gebeur met hulle by die dagsorg, al die skuldgevoelens en die verwyte. Mens mis so baie van hulle grootword as mens nie by hulle is nie maar dinge wil net nie uitwerk dat ek wel by hulle kan bly nie.
Hoekom moet die lewe so gekompliseerd wees en hoekom moet ons die moeilikste besluite neem en nie weet of dit die regte ding is om te doen nie?
Dit is seker die moeilikste besluit wat mens ooit sal moet maak. Al wat ek kan se is baie sterkte, en dat ek regtig aan jou dink.
ReplyDeletexxx